Erfenisterreine sal teen 2100 erg sukkel met klimaat

ʼn Nuwe studie deur die Internasionale Unie vir Natuurbewaring het bevind byna alle natuurlike wêrelderfenisterreine kan teen 2100 uiterste klimaatstoestande verwag. Dit sluit hittegolwe, swaar reën en droogte in. Die studie het 250 natuurlike erfenisterreine se toekomstige blootstelling aan klimaatsgebeure onder vier verskillende scenario’s ingedeel. Navorsers sê teen die einde van hierdie eeu sal hierdie blootstelling nou verband hou met kweekhuis-gasvrystellings en menslike aktiwiteite.