Siviele organisasie boos oor visumreëlings vir Nigeriërs
Die Save South Africa Civic Movement veroordeel president Cyril Ramaphosa se openbare verklaring dat Nigeriese toeriste nou sonder ʼn paspoort vir ‘n visum kan aansoek doen. Woordvoerder Tebogo Mashilompane sê hulle beskou die verklaring as roekeloos en onverantwoordelik omdat daar soveel bedrog in die land is. Hy sê Ramaphosa het ook verwys na Nigeriese produkte op die rakke in Suid-Afrikaanse winkels.