SAKP sê GNU sal nie vyf jaar hou nie

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê hy glo nie die regering van nasionale eenheid gaan vyf jaar hou nie. Die SAKP is die ANC se alliansievennoot en is gekant teen die regering van nasionale eenheid, en veral die DA-se insluiting daarby. Mapaila het aan eNCA gesê volgens hom gaan die DA voort met politiek en beleid teen die werkersklas, soos sy teenstand teen die minimumloon, BELA-wet en Nasionale Gesondheidsversekering: