Finansiële stres neem toe in SA-huishoudings
Die Reserwebank se jongste Finansiële Bestendigheidsoorsig onthul toenemende finansiële stres vir huishoudings en klein-tot-medium ondernemings. Hoë rentekoerse, voortslepende globale konflikte, infrastruktuur wat breek en Suid-Afrika se gryslysstatus dra by tot die spanning. Die hoof van die Finansiële Bestendigheidsdepartement van die Reserwebank, Nicola Brink, sê lenings waar daar nie aan die voorwaardes voldoen word nie het opgeskiet van 257-miljard Suid-Afrikaanse rand in Maart 2023 tot 304-miljard-rand in Julie vanjaar.