Sirië-rebelle verower Aleppo

Islamitiese rebelle in Sirië het sentraal Aleppo bereik en breek simbole van president Bashar al-Assad se bewind af. Die verrassende offensief waarin opstandelinge op grondgebied regoor Noordwes-Sirië beslag gelê het, is die ernstigste uitdaging vir Assad se bewind in jare. Sirië se staatsnuusagentskap, Sana, sê regeringsmagte veg terug met behulp van Russiese vliegtuie, terwyl opposisienetwerke lugaanvalle in die Idlib-platteland aangemeld het. In ‘n laatnag-telefoonoproep met die Emirati-president, Sheikh Mohamed bin Zayed al-Nahyan, het Assad beklemtoon dat Sirië “sal voortgaan om sy stabiliteit en territoriale integriteit te verdedig”.