Dodelike slang maak motorbestuurder skrik
‘n Australiese vrou het ‘n onaangename verrassing gehad terwyl sy op die Monash-snelweg in Melbourne se oostelike voorstede bestuur het. Die polisie sê hulle is ontbied na ‘n kaalvoetvrou verbygaande verkeer probeer stop het. Die vrou het gesê sy het iets aan haar voet gevoel het en afgekyk om ‘n slang teen haar been te sien opseil. Dit is geïdentifiseer as ‘n tierslang, een van die wêreld se giftigste slange, wat onder die stuurwiel opgekrul het. Die polisie sê die vrou kon daarin slaag om die slang af te weer en teen 80 kilometer per uur deur die verkeer te vleg voordat sy afgetrek en uit haar motor na veiligheid gespring het. Beide die slang en die vrou is ongedeerd.