Namsip teken groot suksesse aan

Die Namibiese saadverbeteringsprojek bekend as Namsip, het sy gesertifiseerde saadproduksieteiken vir 2024 oorskry, met 1 500 metrieke ton geproduseer, wat die jaarlikse doelwit van 1 200 metrieke ton oortref. Die projek het ook 500 tydelike werksgeleenthede en 100 permanente poste in die landbousektor geskep. Die projek poog om die land se landbousektor te moderniseer deur meganisasie en saadverbetering. Die sukses kom na 649,35 miljoen Namibiese dollar uit die projek se totale begroting van 999 miljoen dollar, wat deur die Afrika Ontwikkleingsbank en die Namibiese regering gefinansier word, uitbetaal is.