Amorim wen eerste wedstryd by Man U
Manchester United het onder leiding van sy nuwe baas, Ruben Amorim, op ʼn wen-noot op Old Trafford afgeskop toe hy Bodo/Glimt in die Europese Liga met 3-0 verslaan het. Rasmus Hojlund se twee doele en een van Alejandro Garnacho het United se kans om outomaties vir die laaste 16 te kwalifiseer ʼn hupstoot gegee. Chelsea het al vier sy wedstryde in die kompetisie gewen toe hy Heidenheim met 2-0 afgeransel het terwyl Tottenham en Roma se wedstryd gelykop met twee elk geëindig het. Amorim sê hy kan ʼn verbetering by sy spelers sien: