SA Reserwebank wil 50% van BankservAfrica bekom
Die Reserwebank beplan om ‘n belang van 50-persent in die grootste betalingsverrekeningshuis in die land, BankservAfrica, te bekom om digitale betaalstelsels te verbeter. Gesprekke duur voort met die eienaars van BankservAfrica. Die sentrale bank wil finansiële insluiting deur digitalisering verbeter, wat volgens hom maatskaplike ontwikkeling sal ondersteun. Pradeep Maharaj van die Reserwebank het aan SABC News gesê die belegging is daarop gemik om Suid-Afrika se betalingsinfrastruktuur te moderniseer.