Jaco Peyper lei SA Rugby se nuwe elite-skeidsregterspaneel
Rugby: Die voormalige toetsskeidsregter, Jaco Peyper, is in beheer van die elite-skeidsregterspaneel wat SA Rugby saamgestel het met die doel om wedstrydbeamptes beter voor te berei vir die internasionale verhoog. Die voormalige nasionale paneel is verdeel in die elite- en nasionale paneel. Die hoofbestuurder van skeidsregters, Banks Yantolo, sê dit is gedoen sodat meer bepaalde werk gedoen kan word met wedstrydbeamptes op die verskillende panele. Hulle het ook weggedoen met die vrouepaneel aangesien hulle nou deel is van die twee nuwe panele.