Britse navorsers ontdek baanbreker asma-behandeling

Britse navorsers het ‘n baanbreker-behandeling vir asma- en chroniese obstruktiewe longsiekte ontdek, met die gebruik van die benralizumab-inspuiting wat die eerste deurbraak in 50-jaar is. Volgens ‘n artikel in Lancet Respiratory Medicine Journal, het ‘n proeflopie bevind hierdie monoklonale teenliggaam is aansienlik doeltreffender as die huidige steroïed-behandeling en verminder verdere ingrypings met 30-persent. Die inspuiting toon verbeterde respiratoriese simptome en minder hospitaalbesoeke. Dokters beskou dit as ‘n potensiële ommeswaai vir miljoene, aangesien die bevindings wêreldwyd ‘n hervormende toekoms vir long-gesondheidsorg beloof.