Verstappen se Vegas-droom lê aan flarde

Max Verstappen se droom om die naweek ‘n vierde agtereenvolgende jaerswêreldkampioenskap by die Las Vegas Grand Prix in te palm het ‘n terugslag beleef toe Red Bull onthul het hulle het die verkeerde agtervlerk gebring. Die senior raadgewer van die span Helmut Marko sê dit is te laat om die regte een betyds vir die wedren uit te vlieg na Vegas. Verstappen is 62 punte voor Lando Norris van McLaren en hoef net voor hom te eindig in Las Vegas om die sesde man te word wat vier wêreldkampioenskappe wen.