Cane en Perenara draf vir oulaas vir All Blacks uit

Die veterane Sam Cane en TJ Perenara speel môreaand hulle laaste toets vir die All Blacks in Lanucia teen Italië. Cane, die gewese kaptein wat in 103 toetse vir Nieu-Seeland gespeel het, sal die nommer 7-trui dra, en die skrumskakel Perenara sal sy 89ste toets op die bank begin. Albei gaan volgende jaar in Japan speel en is dan nie vir die nasionale span verkiesbaar nie. Hoofafrigter Scott Robertson het vyf veranderings aangebring aan die span wat verlede naweek naelskraaps teen Frankryk verloor het.