S-Korea leier oefen gholf vir Trump

Die Suid-Koreaanse president, Yoon Suk Yeol, het onlangs die eerste keer in agt jaar weer begin gholf speel ter voorbereiding vir gholf-diplomasie met die verkose president, Donald Trump. Gholf is reeds bekend as ʼn betroubare deurpad na Trump, wie se gholfbane honderde miljoene dollar vir sy sakeryk verdien. Daar is toenemende vrese oor die bedreiging wat die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, vir Amerika en sy bondgenote inhou. Suid-Korea het egter as ‘n sterk Amerikaanse bondgenoot na vore getree.