Bibi gesels met die mense van Iran
Die dood van Hezbollah-leier Hassan Nasrallah het ‘n hupstoot gegee aan die eens beleërde Israeliese premier Benjamin Netanyahu. Netanyahu het in ‘n televisieverklaring gesê die sluipmoord is ’n keerpunt in die oorlog. Hy het gesê Israel het momentum en hulle wen. Volgens ‘n opname deur Israel se N12 News, het 43 persent van respondente Sondag gesê Netanyahu se hantering van die oorlog is goed, teenoor 35 persent 10 dae vroeër. Netanyahu het ook ‘n televisieboodskap aan die mense van Iran gerig, en sê die mense van Israel ondersteun hulle. Luister self.