Trustco betaal deposante van bank terug

Trustco Namibia moet deposante van Trustco Bank teen 28 Februarie 2025 terugbetaal nadat die Bank of Namibia sy bankbedrywighede weens insolvensie gekanselleer het. Alle onopgeëiste fondse na die sperdatum sal na die Voogdyfonds gaan. Trustco moet ook “bank” van sy naam verwyder en sy bestuursdokumente teen 30 November bywerk. Die maatskappy het sy banklisensie op 22 Augustus aan die sentrale bank terugbesorg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, wat ‘n opdatering gee oor die terugbetaling van deposito’s.