Markus Jooste se vriend skuldig aan binnehandel

ʼn Vriend van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, het skuldig gepleit aan binnehandel omdat hy voor die maatskappy se ineenstorting meer as 39-duisend aandele verkoop het. Die 89-jarige Gerhard Burger het skuldig gepleit op drie aanklagte van binnehandel en is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, wat opgeskort is vir vyf jaar. Jooste het Burger in 2017 in stemboodskappe aangeraai om sy aandele te verkoop. Die saak volg nadat Steinhoff se regshoof, Stéhan Grobler, in Maart aangekeer is op aanklag van bedrog en rampokkery.