Kaapstad se inwoners en besighede sal steier onder nuwe kragtariewe
Die Stad Kaapstad waarsku Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van bykans 44-persent gaan ernstige gevolge hê vir inwoners en klein sakeondernemings. Burgemeester Geordin Hill-Lewis versoek die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika om hierdie verhogings te verwerp en sê dit kan lewensomstandighede verswak. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê hierdie verhoging bedreig bestaande ondersteuningsmaatreëls vir lae-inkomstehuishoudings met die lewenslyntarief: