Alpha Petroleum begin regstappe oor ‘valse, misleidende stellings’

Alpha Petroleum weerlê ten sterkste valse en misleidende bewerings wat wyd gepubliseer is, dat hy Alpha Energy Nigerië en hul verteenwoordiger betrek het by aflandige diamantmynbedrywighede onder kontrak met Namdeb. Alpha Petroleum is wel in ‘n kontraktuele vennootskap met Namdeb, maar Alpha Energy Nigerië is nie by sy bedrywighede betrokke nie. Alpha Petroleum sê hy het regstappe begin om sy reputasie en belange te beskerm.