Veerkragtige toerismesektor kyk na goeie vakansieseisoen

Namibië se toerismesektor het in Augustus veerkragtigheid en bestendige groei getoon, versterk deur ‘n diverse mengsel van plaaslike en internasionale besoekers. Veral Europese toeriste was ‘n dryfveer. Volgens Simonis Storm se gasvryheidstatistieke-verslag vir Augustus, bied die voortgesette oorheersing van vakansie- en ontspanningsreise geleenthede vir verdere ontwikkeling in infrastruktuur, om besoekers se ervaring te verbeter en die positiewe momentum te behou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat sê die verwagtinge vir die komende vakansieseisoen is positief.