NamRA, finansministerie ‘knou werkgewers met terugbetalings’September 19, 2024

Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, beskuldig die finansministerie en NamRA daarvan dat hulle hul verantwoordelikheid om die belastingterugbetalings te doen, op werkgewers plaas. Die vakbond sê dit sal vir sommige werkgewers moeilik wees om by te bring. Mahongora Kavihuha, Tucna se sekretaris-generaal, brei uit.