All Blacks kondig span aan teen Wallabies
Rugby: Stut Ethan de Groot, vleuel Caleb Clarke en heelagter Beauden Barrett is terug in die All Blacks se begin-15-tal vir Saterdag se eerste Bledisloe-beker-wedstryd in Sydney. Afrigter Scott Robertson het vier veranderings aangebring vir die toets teen Australië. Will Jordan skuif na regtervleuel, Sevu Reece is reserwe, terwyl Barrett na die heelagterposisie skuif. Die Nieu-Seelanders spog sedert 2003 met die Bledisloe-beker en is die gunstelinge om vanjaar weer die trofee te wen. Robertson verwag ʼn taai kragmeting.