Storm Boris saai verwoesting in Europa
Minstens sewe mense het in Oostenryk, Pole en Roemenië verdrink nadat die ergste reën in jare oor Sentraal- en Oos-Europa tot oorstromings gelei het. In die Tjeggiese Republiek word vier mense vermis nadat vloedwater 80-persent van die Silesiese stad Krnov oorstroom het. Rooi waarskuwings – die hoogste vorm van waak – is in dele van Pole, Duitsland, Tsjeggië, Oostenryk en Slowakye uitgereik. Die Europese Unie het hulp aangebied aan lande wat deur die oorstromings getref is.