So is Trump se amper-skieter vasgetrek

Amerika se president Joe Biden sê hy is verlig oudpresident Donald Trump is ongedeerd terwyl die FBI ʼn moontlike sluipmoordpoging op hom ondersoek. ʼn Lid van die Geheime Diens het ʼn AK-47-tipe wapen sien uitsteek by bosse langs Trump se Florida-gholfbaan terwyl die voormalige president daar gholf gespeel het. Die verdagte wat as Ryan Wesley Routh geïdentifiseer is, is aangekeer. Sheriff Ric Bradshaw van Palm Beach sê hulle is in kennis gestel dat skote afgevuur is.