Nuwe onderwyswet sal onderwys bankrot maak

Die DA in die Wes-Kaap sê die Wet op Basiese Onderwyswette sal aanleiding gee tot ʼn finansiële krisis in die onderwyssektor. Hulle waarsku die wet sal minstens 17,7-miljard Suid-Afrikaanse rand kos om te implementeer en provinsies sal jaarliks ʼn bykomende 2 miljard rand moet opdok. Die party het bekendgemaak dat geen befondsing vir die volgende drie jaar vir die implementering van die wet opsygesit is nie. Leon van Wyk van die DA sê die wet kan die onderwyssektor bankrot maak.