Man, 58, vas vir sluipmoordpoging op Donald Trump
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump is veilig en ongedeerd na wat die FBI as ʼn sluipmoordpoging beskryf. Agente van die Geheime Diens het losgebrand toe hulle ʼn gewapende persoon opmerk by die Trump International-gholfbaan wes van Palm Beach, waar die oudpresident se Mar-a-Lago-woning geleë is. Trump was op daardie tydstip besig om gholf te speel. Die verdagte, Die 58-jarige Ryan Routh, het in ʼn motor gevlug, maar is gearresteer nadat hy op die hoofweg voorgekeer is. ʼn AK-47, teleskoop, rugsakke en ʼn GoPro-kamera is in bosse langs die gholfbaan gevind.