Lutombi gesels oor vee op die land se paaie

‘n Namibiër, Da Costa Sidonio, is die naweek dood en sy vier passasiers ernstig beseer na sy bakkie op die B8 tussen Rundu en Mururani beeste in die pad getref het. Op die B2 tussen Aminuis en Onderombapa is die bestuurder van ‘n Volkswagen Jetta ernstig beseer toe hy met ‘n koei in die pad gebots het. Dit kom net na die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, gevra het vir hoë boetes aan boere wat nie hul heinings langs paaie onderhou nie, omdat plaasdiere dan op paaie loop en ongelukke veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Conrad Lutombi, die uitvoerende hoof van die Padowerheid, wat sê dis moeilik om boere verantwoordelik te hou.