KZN se ramp-spanne maak reg vir stormSeptember 16, 2024

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede, Thulasizwe Buthelezi, het rampbestuurspanne op ’n hoё gereedheid geplaas na ’n waarskuwing vir vandag deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens van ’n kwaai donderstorm en vlak twee-weerstoestande. Die woordvoerder van die departement, Senzelwe Mzila, sê daar word verwag die storm sal tot middernag oor die provinsie woed en dit sal na verwagting swaar reën, sterk wind, weerlig en moontlik hael veroorsaak.