Houthi’s sal betaal vir aanval – Bibi
Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê dat Jemen se Houthi’s ‘n “swaar prys” sal betaal nadat ‘n missiel wat deur die groep afgevuur is, in sentraal-Israel geland het. Die Israeliese weermag sê dat lugverdedigingstelsels nie daarin geslaag het om dit te vernietig voordat dit Israeliese lugruim binnegekom het nie. Die kwessie word ondersoek. Die Houthi’s sê in ‘n verklaring dat die aanval in solidariteit met die Palestyne uitgevoer is en dat Israel meer moet verwag voor die eerste herdenking van die 7 Oktober-aanvalle.