Dis belofte-seisoen… kenner reageer op Swapo-manifes
Swapo se visepresident en presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het tydens die bekendstelling van die party se manifes gesê die regering is verbind tot werkskepping. Daar sal meer as 85 miljard Namibiese dollar spandeer word aan massa-werkskepping in bouprojekte oor die volgende vyf jaar. Dis amper die waarde van die hele begroting. Dit sal insluit sportfasiliteite, wat 29 000 poste sal skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah, wat sy mening gee oor die party wat al vir 34-jaar aan bewind is.