Swapo wil werk skep deur N$85 miljard se regeringsprojekte
Die Swapo-party het sy verkiesingsmanifes en -veldtog by die Sam Nujoma-stadion in Windhoek geloods, onder die tema “Eenheid in diversiteit: Natuurlike Hulpbronne, Benefisiasie en Jeug. Bemagtiging vir volhoubare ontwikkeling.” Swapo se visepresident en presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die manifes bekendgestel. Sy sê die regering het hom daartoe verbind om meer as 85 miljard Namibiese dollar opsy te sit vir massa-werkskepping oor die volgende vyf jaar. Sy het beklemtoon dat die geld slegs vir regeringsprojekte sal wees.