Rusland, Oekraïne ruil soldate uit

Rusland en Oekraïne het vir ‘n tweede keer oorlogsgevangenes uitgeruil, met 103 Oekraïense soldate en 103 Russiese militêre personeel wat vrygelaat is. Die ruil is deur die Verenigde Arabiese Emirate bemiddel. Die Oekraïne se president, Volodymyr Zelenskiy, sê van die 103 Oekraïense “krygers” wat vrygelaat is, is 82 soldate en 21 offisiere, insluitend polisiebeamptes en grenswagte. Die Russe is in die Koersk-grensstreek gevange geneem tydens Oekraïense magte se inval.