Mashatile herstel na ineenstorting by viering in Limpopo

Die Presidensie het bevestig adjunkpresident Paul Mashatile herstel nadat hy gister tydens die N’wamitwa Day-viering in Groter Tzaneen in Limpopo ineengestort het. Die premier van die provinsie Phophi Ramathuba verduidelik Mashatile het tydens sy toespraak lighoofdig gevoel weens die hitte. Die woordvoerder van die Presidensie, Keith Khoza, verseker die publiek daar is geen rede tot kommer nie.