Haaie in Curriebeker-eindstryd na gelykopstryd op Loftus

Rugby: Die Haaie is in die eindstryd van die Curriebeker nadat hulle na bykomende tyd gisteraand die Bulle geklop het omdat hulle meer drieë gedruk het. Na 100 minute was die twee spanne steeds gelykop met 40-elk. Die Haaie het in ‘n stadium net 12 spelers op die veld gehad, maar het die tuisspan geskok met meer drieë wat hulle laat deurdring het na die eindstryd. In die ander halfeind op Ellispark het die Leeus die verdedigende kampioene, die Cheetahs met 43-34 ore aangesit. Die eindstryd is Saterdag op Ellispark.