Zim gaan ook nou olifante van kant maak

Zimbabwe gaan 200 olifante van kant maak weens die droogte wat tot voedseltekorte gelei het. Zimbabwe het “meer olifante as wat dit nodig het”, het die minister van omgewingsake Sithembiso Nyoni gesê. Die regering het die Zimbabwe Parks and Wildlife Authority, ZimParks, opdrag gegee om die uitdunproses te begin. Die 200 olifante sal gejag word in gebiede waar hulle met mense gebots het, sê die direkteur-generaal van ZimParks, Fulton Mangwanya.