Trump sê hy sal Haïtiaanse immigrante deporteer

Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump het onderneem om massadeportasies van Haïtiaanse immigrante uit die Ohio-stad Springfield te doen. Dit sal gebeur al is meeste van hulle wettiglik in Amerika. Trump het tydens ‘n saamtrek in Las Vegas gesê hy is kwaad oor onwettige Haïtiaanse migrante wat Springfield, Ohio oorneem. Hy het ook gesê dis is ‘n duidelike gemors. Springfield is al vir dae in die middel van ‘n herrie op sosiale media na Trump se vals bewerings dat Haïtiaanse aankomelinge troeteldiere eet.