Oudpresident Khama in hof, lasbriewe opgeskort
Botswana se oudpresident Ian Khama het in die hof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van ‘n geweer en die ontvangs van gesteelde eiendom, nadat hy teruggekeer het van drie jaar in self-opgelegde ballingskap. Die landdros het twee inhegtenisnemingslasbriewe teen hom opgeskort. Die lasbriewe is uitgereik na hy in April 2022 nie by die verhoor opgedaag het nie. Khama was sedert laat 2021 in ballingskap, meestal in Suid-Afrika. Khana ontken die aanklagte en sê hulle is polities gemotiveerd. Die verhoor is tot 23 September uitgestel.