Messi keer terug na enkelbesering
Sokker: Lionel Messi keer vandag terug tot die spel by sy klub, Inter Miami, nadat hy twee maande lank buite aksie was met ʼn enkelbesering. Inter Miami, die voorloper in die Eastern Conference en boaan die algehele punteleer, is gashere vir die Philadelphia Union. Messi het sy regterenkel op 14 Julie beseer tydens die eindstryd van die Copa America toe hy Argentinië gehelp het om Colombië te klop. Hy het agt van die MLS-wedstryde van sy klub misgeloop asook vandeesmaand se kwalifiseerders vir die Wêreldbeker vir sy land.