Koringproduksie tans nie sterk nie, nes in SA
Koringproduksie-vooruitsigte in Suid-Afrika vir 2024-2025 is nie baie positief nie, volgens die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom Wandile Sihlobo. Koringproduksie word op 1,9 miljoen ton geraam, ‘n 7 persent afname op ‘n jaargrondslag. Dit is weens die droogte en in sommige streke is ook minder koring aangeplant. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, oor die situasie in Namibië.