Bavuma steun bedenkinge oor eendagreeks teen Afghanistan
Krieket: Temba Bavuma sê hy ondersteun die standpunt van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging oor die omstrede reeks van die Proteas teen Afghanistan. Hy voel egter die besluit berus by die administrateurs. Die eerste eendagreeks tussen die twee lande begin aanstaande week maar daar was oproepe dat Krieket SA die besluit hersien, gegewe die menseregteskendings teen Afghaanse vroue sedert die Taliban weer in beheer is.