VN waarsku oor groter konflik in Yemen

Die Verenigde Nasies waarsku dat ondanks onlangse ekonomiese afwentelingsooreenkomste, bestaan die gevaar dat ‘n volskaalse oorlog weer in Yemen kan uitbreek, met voortgesette gevegte tussen strydende partye. Meer as 18-miljoen mense, die helfte van die land se bevolking, is afhanklik van humanitêre hulp en beskerming. Die VN se spesiale gesant vir Yemen, Hans Grundberg, sê streekspanning van die oorlog in Gaza maak die krisis in Yemen nog meer ingewikkeld.