Tweede Ecuador-tronkdirekteur sterf in gewapende aanval

‘n Gewapende aanval het die lewe van ‘n tweede Ecuador-tronkdirekteur binne minder as twee weke geëis. Die direkteur van die land se grootste gevangenis, Maria Daniela Icaza, is gister vermoor, nege dae nadat die hoof van ‘n tronk in die Amasone-provinsie Sucumbios, Alex Guevara, ook in ‘n gewapende aanval gesterf het terwyl hy per motor gereis het. Ecuador se tronke is van die gevaarlikste ter wêreld, en dwelmbendes het baie van hulle oorgeneem.