Smit stel swaar boetes voor vir swak heinings langs paaie

Die PDM se skadu-finansminister Nico Smit vra vir strenger strawwe vir plaaseienaars wat nie hul heinings langs openbare paaie in stand hou nie. Smit het in die Nasionale Vergadering gepraat tydens die bespreking van die Paaie-wetsontwerp. Smit sê swak onderhoude heinings het dikwels ongelukke tot gevolg omdat plaasdiere op paaie rondloop. Hy stel voor dat boetes van tussen 80 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar by die wetsontwerp ingesluit word. Dit is om boere aanspreeklik te hou vir lewensverlies en skade aan voertuie.