Pravin Gordhan sterf op 75
Die familie van die voormalige minister van Staatsondernemings, Pravin Gordhan, het bevestig hy is in die ouderdom van 75 in die hospitaal oorlede. Hy het in Mei vanjaar uit die politiek getree wat ‘n einde gebring het aan dekades van leierskapposisies in die staatsdiens. Hy word oorleef deur sy vrou Vanitha en dogters Anisha en Priyesha. Neeson Balton van die Ahmed Kathadra-stigting sê Gordhan het deurgaans in sy loopbaan as politieke aktivis, hom beywer vir die opbou en versterking van openbare instellings om Grondwetlike demokrasie te ondersteun.