NamPol-vergadering met boere oor veediefstal produktief

Die Namibiese polisie in die Kunene-streek het ‘n vergadering met boereverenigings en plaaslike boere by die Outjo-gemeenskapsaal gehou om veediefstal, stropery en ander misdade wat die Kunene-, Outjo- en Otjozondjupa-streke raak, aan te spreek. Volgens sommige boere was die vergadering produktief, met besprekings wat gefokus het op die uitdagings wat beide partye in die gesig staar en potensiële oplossings. James Nderura, die Kunene-streekpolisiebevelvoerder , het die uitkomste en die pad vorentoe in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.