Koryx Copper kondig hoër graad koper-vonds by Haib aan

Koryx Copper Incorporated het ‘n verhoging van 13 persent in die aangeduide mineraal-graad by sy Haib-koperprojek in die Karas-streek aangekondig. Die opdatering is gebaseer op vanjaar se boorresultate en voorberei deur die onafhanklike konsultant MSA Group. Die Haib-neerslag, sowat 25km oos van Noordoewer, word een van die grootste koperreserwes in Namibië genoem. Koryx Copper se uitvoerende voorsitter, Heye Daun, sê boorwerk het gefokus op hoëgraadsones van veral die eerste teikenarea.’n 8 200m diamantkern-boorprogram sal binnekort fokus op hoërgraadsones en potensiële hulpbronuitbreidings. ‘n Beduidende verkenningsboorprogram is ook vir laat vanjaar of vroeg volgende jaar in ongetoetste gebiede geskeduleer.