Italiaanse pa, seun kry reuse-boete vir insekte vang

’n Italiaanse pa en sy seun is met 3,5 miljoen Namibiese dollar beboet omdat hulle probeer het om honderde endemiese insekte – insluitend 92 spesies skoenlappers – uit ’n safaripark in Sri Lanka te smokkel. Veldwagters by die Yala Nasionale Park het Luigi Ferrari, 68, en sy 28-jarige seun Mattia op 8 Mei vanjaar in hegtenis geneem nadat hulle gevind is met flesse vol insekte. Die mans het die insekte met lokmiddels gevang en beplan om hulle in was-sakkies te sit om hulle chemies te bewaar. Hulle is skuldig bevind aan die onwettige versameling, besit en vervoer van die insekte, en die hoogste boete ooit vir wildmisdaad in die land opgelê.