Hoenderpryse sal vanjaar net 1% styg: verslag
Hoenderpryse sal na verwagting vanjaar met slegs een-persent styg, vergeleke met onlangse dubbelsyfer-verhogings. Volgens Absa se AgriTrends- verslag is die sleutelfaktore ‘n sterker rand en hoër wêreldwye produksie, veral in Brasilië. Marlene Louw van die bank sê die uitbreking van siektes soos voëlgriep het ‘n wêreldwye tekort aan hoender veroorsaak, wat pryse laat opskiet het. Pluimveeprodukte verteenwoordig sowat twee-derdes van vleisverbruik in Suid-Afrika, terwyl 20-persent van plaaslike verbruik van invoere kom.