Gewilde Europese vakansiebestemmings gewaarsku teen knokkelkoors

Wetenskaplikes wat die verspreiding van knokkelkoors navolg sê gewilde Europese vakansiebestemmings kan deur toekomstige uitbrekings getref word. Die siekte word gedra deur Asiese tiermuskiete, wat meer algemeen begin voorkom in Europa, in byvoorbeeld dele van die suide van Frankryk, Italië en Spanje. Knokkelkoors kan erge spier- en gewrigspyn veroorsaak en in sommige gevalle lei tot interne bloeding en die dood. Wetenskaplikes sê warmer weer weens klimaatsverandering skep gunstiger toestande vir indringermuskiete om te versprei na gebiede wat nie voorheen geraak is nie.