APP se Muchila as parlementslid ingesweer

Linus Muchila van die All-People’s Party is in die Nasionale Vergadering as parlementslid ingesweer deur regter Dave Smuts. Hy vervang Erastus Shuumbwa wat uit die Nasionale Vergadering bedank het. Muchila sê dat die Nasionale Vergadering bekommernisse rondom die basiese inkomstetoelaag moet prioritiseer, en dat kwessies oor tradisionele owerhede en grondeienaarskap ook aangespreek moet word.